
=====================================================================
14 - Omgewingsopvoeding en Opleiding
=====================================================================


14
OMGEWINGSOPVOEDING
EN OPLEIDING

Hierdie verslag het baie voorstelle gemaak oor hoe ons ons omgewing kan beskerm. Maar ons het nie genoeg goed-opgeleide persone in Suid-Afrika om hierdie voorstelle uit te voer nie. Weens apartheid het baie swart Suid-Afrikaners nie 'n deeglike opvoeding gehad nie. Baie swart Suid-Afrikaners kan nie lees nie. Die regering moet 'n opleidingsveldtog begin vir kinders en volwassenes. Hulle moet ook die mense oplei wat ons nodig het om die omgewing te beskerm.


Dit sal baie jare neem om al die mense op te lei wat ons nodig het om ons omgewing te beskerm. Dit sal ook jare neem voor alle skole in staat sal wees om omgewingsopvoeding aan te bied.


Omgewingsbewustheid en omgewingsverantwoordelikheid behoort in al ons skole aangebied te word. Vandag se kinders sal in die toekoms besluite neem oor die land. Hulle moet verstaan hoe belangrik die omgewing is sodat hulle die regte besluite kan neem.


In die verlede het omgewingsopvoeding meestal rondom die beskerming van plante en diere gewentel. Dit is gereeld aangebied asof die onderwyser al die antwoorde ken en die studente niks.


Maar daar is 'n nuwe manier om oor die omgewing te leer. Volgens hierdie manier vind die studente self die antwoorde uit. Hulle wag nie vir die onderwyser om hulle te s wat reg of verkeerd is nie.


Omgewingsopvoeding in primre en sekonder skole

Sommige mense meen dat omgewingsopvoeding 'n aparte kursus op skool behoort te wees. Ander mense is van mening dat dit deel moet wees van al die ander vakke, soos Engels, Geskiedenis, Aardrykskunde, Geskiedenis. Een van die probleme is dat daar tans nie genoeg onderwysers is wat in Omgewingsopvoeding opgelei is nie. Ons moet eers die onderwysers oplei.


Die Omgewingsopvoeding Beleidsinisiatief is geloods deur die Departement van Omgewingsake en die Omgewingsopvoedings-Vereniging van Suidelike Afrika ('Environmental Education Association of Southern Africa - EEASA'). Hulle het samesprekings gehou met baie mense dwarsdeur die land.


Na aanleiding van die beraadslagings het hulle 'n aantal voorstelle met betrekking tot omgewingsopvoeding aan die hand gedoen. Hulle het voorgestel dat :


* omgewingsopvoeding moet in ander kursusse ingesluit word. Byvoorbeeld, Geskiedenis-studente behoort te kyk hoe die omgewing deur die geskiedenis verander het, en waarom. In die Engelse kursus kan hulle gedigte of opstelle oor die omgewing skryf

* Daar behoort drie aparte op skoolvlak te wees. Eerstens, Omgewingstudies op laerskool. Tweedens, 'Opvoeding vir Volgehoue Lewe' op middelbare skoolvlak. Derdens 'n aparte vak op senior sekondre vlak. Dit kan byvoorbeeld omgewingsreg, omgewingsbeplanning, primre gesondheidsorg en bewaringsbestuur insluit

* studente moet in omgewingsaksies buite die skoolgronde betrek word.

Omgewingsopvoeding by skole behoort tradisionele omgewingskennis in te sluit. Studente moet ook kyk na hoe verskillende kulture hul natuurlike bates bestuur het. Dit behoort 'n studie in te sluit van hoe swart Suid-Afrikaners hul natuurlike hulpbronne in die verlede bestuur het.


Omgewingsopvoeding en - opleiding aan universiteite en technikons

Suid-Afrika het meer omgewingswetenskaplikes, ingenieurs en technici nodig om in nywerhede te werk. Meer swart mense en vroue moet hierdie onderwerpe bestudeer. Baie universiteitskursusse moet verander word sodat hulle omgewingsopvoeding insluit. Byvoorbeeld, wetenskaplikes en ekonome moet leer watter uitwerking hulle werk op die omgewing het.


Ons moet ons kursusse oor water, afvalbestuur en grondbewaring verbeter. Ons moet meer kursusse instel om meer inspekteurs op te lei sodat hulle water-, lug- en grondbesoedeling saam kan behandel, en nie slegs een aspek nie.


Die regering moet ook indiensopleiding vir mense in regerings-departemente rel sodat hulle die omgewing beter kan beskerm. Ons moet by ander lande leer hoe om die mense wat ons nodig het, op te lei.


Hierdie opleiding kan insluit:


* indiensopleiding en kort kursusse in omgewingsbestuur

* om kandidate te stuur om vir 'n wyle buite Suid-Afrika te werk. Nuutaangestelde regeringsbeamptes kan vir 'n paar maande na ander lande gestuur word om te leer hoe hulle die omgewing beskerm, en

* kort besoeke aan ander lande deur ministers of senior beamptes om te leer hoe hulle die omgewing kan beskerm.

Indiensopleiding

Werkers kan help om die omgewing te beskerm. Hulle kan help om te kontroleer of nywerhede die wet oortree of nie. Maar hulle benodig opleiding en opvoeding om dit te kan doen. Omgewingskursusse moet ontwikkel word vir nywerheidswerkers. Werkers se Gesondheids- en Veiligheidsverteenwoordigers moet Gesondheids-, Veiligheids- en

Omgewingsverteenwoordigers word. Hulle verslae moet deel vorm van die maatskappy se omgewingsverslae.


Navorsing

Daar sal baie navorsing oor omgewingsfaktore gedoen moet word. Plaaslike inwoners moet deelneem aan hierdie navorsing. Hulle plaaslike kennis moet respekteer word. Hulle moet die resultate van die ondersoek, saam met die navorsings-organisasie, hul eie maak.


Omgewingsopvoeding buite skole

Omgewingsopvoeding moet nie slegs binne-in klaskamers plaasvind nie.

Omgewingsopvoeding moet mense in staat stel om hulle gemeenskaps- en werksomgewings te verstaan. Dit moet hulle in staat stel om stappe te neem om hulle lewens te verbeter.


Omgewingsbewustheid en -opvoeding moet gebaseer wees op die plaaslike gemeenskap se kennis oor hul omgewing. Dit moet gemeenskappe help om plaaslike omgewingsprobleme op te los.


Omgewingsopvoeding moet gemeenskappe help om deel te h aan besluite oor omgewingsake wat 'n invloed op hul daaglikse lewens het. Gemeenskappe moet ook in staat gestel word om die kwaliteit van hulle omgewing te bepaal.

Ryk mense moet opgevoed word oor die mate waarin hul lewenstyl die omgewing beskadig. Hoe meer water, papier en elektrisiteit gebruik word, en hoe meer goed gekoop en weggooi word, hoe groter invloed het dit op ons omgewing.


NGO's en privaat maatskappye moet help met omgewingsopvoeding in gemeenskappe en fabrieke.


Plattelandse opleidingsentra moet opgerig word soos deur die HOP voorgestel word. Dit kan die vermo van gemeenskapstoerismebestuur en hulpbronbestuur verhoog, en die bou van toerismehuisvesting en ander vaardighede daarstel wat nodig is om geld uit toerisme te verdien. Dit kan plattelandse gebiede help ontwikkel.


Omgewingsopvoeding kan ook plaasvind deur middel van primre gesondheidsorgdienste, waterkomitees ensovoorts.


Omgewingsopvoeding moet toeganklik wees vir vroue, veral swart vroue. Vrouens speel dikwels 'n baie aktiewe rol in omgewingsake wat 'n invloed op hul families se gesondheid kan h.

Om die geld vir omgewingsopvoeding te vind

Die voorstelle wat ons gemaak het sal alles geld kos. Die nuwe regering moet die geld vind vir hierdie dinge. Dit is baie belangrik dat ons ons mense opvoed oor omgewingsake.


Voorstelle


1. Omgewingsopvoeding by primre en sekondre skole moet die volgende insluit:

* omgewingsopvoeding as 'n deel van alle vakke
* drie aparte omgewingskursusse:

(i) 'n Omgewingstudie-kursus op laerskool,

(ii) "Opvoeding vir Volgehoue lewe" op middelbare skoolvlak, en

(iii) 'n Aparte vak op senior sekondre vlak
* omgewingsaktiwiteite in die gemeenskap.

2. By universiteite en technikons:

* wetenskap-sillabusse moet omgewingsopvoeding insluit
* tegniese kursusse vir water- en afvalbestuur, sowel as grondbewaring, moet verbeter word
* meer studente moet as omgewingswetenskaplikes en ingenieurs opgelei word.

3. Opvoeding en opleiding by die werk:

* nywerhede moet kursusse wat oor gesondheid, veiligheid en die omgewing handel vir werkers ontwikkel
* meer regeringsamptenare moet in omgewingsbestuur opgelei word.

4. Nie-formele opvoeding:

* Die regering, privaatsektor en nie-regeringsinstansies moet 'n program van aksie loods ten opsigte van omgewingsbewustheid en opvoeding.

5. Geslag:

* 'n Spesiale poging moet aangewend word om te verseker dat vroue, veral swart vroue, omgewingsopvoeding op alle vlakke kan bestudeer.

6. Navorsing:

* die regering moet ondersoek instel na die beste metodes om omgewingsopvoeding onderrig.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


